Robert Koch

Robert Koch
Robert Koch, ca. 1907

Geboortenaam Robert Heinrich Herman Koch
Gebore (1843-12-11)11 Desember 1843
Clausthal, Koninkryk van Hannover
Oorlede 27 Mei 1910 (op 66)
Baden-Baden, Groothertogdom van Baden
Nasionaliteit Duits
Vakgebied Biochemie
Instelling(s) Keiserlike Gesondheidskantoor, Berlyn
Universiteit van Berlyn
Alma mater Universiteit van Göttingen
Doktorale promotor(s) Friedrich Gustav Jakob Henle
Bekend vir Ontdekking van bakteriologie
Koch se postulate van kiem-teorie
Isolasie van antraks, tuberkulose en cholera
Invloed op Friedrich Loeffler
Toekennings Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1905)
Handtekening

Robert Heinrich Hermann Koch (11 Desember 1843 – 27 Mei 1910) was 'n Duitse medikus en mikrobioloog. Hy het beroemdheid verwerf vir die ontdekking van die tuberkel bacillus (1882) en cholera bacillus (1883) en vir sy ontwikkeling van "Koch se postulate". Koch was een van die stigters van die bakteriologie studierigting. Koch was ook betrokke by ondersoeke na 'n verskeidenheid van mens- en dieresiektes soos melaatsheid, peste, malaria en beessiektes. Hy het daarin geslaag om die oorsaak van verskeie bakteriële siektes te bepaal en het 'n geslaagde entstof teen onder meer runderpes ontwikkel.

Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is in 1905 "vir sy ondersoeke en ontdekkings met betrekking tot tuberkulose" aan hom toegeken.[1]

  1. "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1905" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 4 Februarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search